Mielie-oes in buurland, en plaaslik, vorder

Suid-Afrikaanse boere maak goeie vordering met die mielie-oes in die buurland. Pryse in Suid-Afrika sal ook goed vertoon en daar sal volop mielies wees, ook vir wanneer Namibië moet invoer. Verlede week is sowat 11,3 miljoen metrieke ton mielies reeds aan kommersiële silo’s gelewer, uit die verwagte oes van 14,7 miljoen ton. Hubertus Hamm, uitvoerende hoof van Bokomo Namibia, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.