Verbruikersaktivis sê Moody’s se afgradering van Stad Kaapstad is gepas

In Suid-Afrika het die kredietgraderings-agentskap Moody’s munisipaliteite soos die Stad Kaapstad in Julie tot rommelstatus afgradeer weens onsekerheid oor die stand van sy inkomste en skuldinvordering, en toenemende finansiële uitdagings. ‘n Verbruikersaktivis, Sandra Dickson van Stop Stad Kaapstad, sê hulle het die verslag bestudeer en stem saam die stad gee verwarrende inligting oor ‘n skuldinvorderingskoers van 98 persent, maar terselfdertyd word gesê hy skryf ‘n skuldlas van vier miljard rand af.