Venaani vaar uit oor kortlys vir kadet-konstabels

Die leier van die PDM, die amptelike opposisieparty, McHenry Venaani het vandag in die Nasionale Vergadering uitgevaar oor die kortlys vir die 1 000 poste vir kadet-konstabels in die Namibiese polisie. Net 2 398 kandidate het die kortlys gehaal vir onderhoude, waarvan 1 664 mans en 734 vroue is. Venaani meen egter die kandidate op die kortlys weerspieël nie die regverdige verteenwoordiging van die Namibiese nasie nie. Hy sê elke Namibiër moet ‘n gelyke geleentheid gegun word.