Dis Indië en Australië in die eindstryd op die Oval vandag

Die eindstryd van die Wêreldtoetskampioenskap begin vandag tussen Indië en Australië op die Oval in Londen. Die voorste twee toetslande het die eindstryd gehaal na ‘n tweejaar-siklus. Indië het in die eerste eindstryd teen Nieu-Seeland verloor, terwyl die Aussies die eerste keer om die titel speel. Australië se kaptein, Pat Cummins, verwag die kolfblad sal ‘n goeie platform bied vir ‘n regverdige kragmeting: