Venaani sal vandag ook vorksmoord in NV praat

Die leier van die PDM-party McHenry Venaani sal vanmiddag in die Nasionale Vergadering sy party se standpunt oor die volksmoord-ooreenkoms uiteensit. Die party het aan die protesoptog teen die ooreenkoms, wat op 21 September gehou is, deelgeneem en verwerp dit in sy geheel. Die PDM se sekretaris-generaal Manuel Ngaringombe sê verskeie kwessies sal vanmiddag deur Venaani aangeraak word.