Wet op kubermisdaad het talle tekortkominge

‘n Navorser by die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing Frederico Links sê daar is talle tekorte in die Elektroniese Transaksies en Kubermisdaad wetsontwerp. Hy het bygevoeg dat die wetsontwerp in sy huidige vorm herinner aan ‘n 2017-beroep deur die Swapo-party om ‘n ministerie van kubersekuriteit te skep om sosiale media te reguleer. Die instituut hou vanoggend sy dialoog wat fokus op kubermisdaadwette en menseregte in die SAOG-streek.