Woonstelblok in Swede ontplof

Internasionale nuusagentskappe berig dat 25 persone gehospitaliseer is na ‘n ontploffing by ‘n woonstelblok in Gothenburg, Swede. Paramedici het aan media gesê drie vroue is ernstig beseer en nooddienste is steeds op die toneel, besig om die brand te blus en mense uit die gebou te ontruim. Owerhede sê ‘n ondersoek is reeds geloods maar dit is onduidelik wat die ontploffing veroorsaak het. Verskeie woonstelle en die trappie in die gebou is beskadig. Volgens berigte het Swede groot uitdagings met bendegeweld met groepe wat gereeld bomme gebruik teen mekaar.