Veldtog om Namibiërs toegang tot nasionale dokumente te gee

‘n Familie van Eenhana in die noordelike streek van Ohangwena het uiteindelik hul geboortesertifikate ontvang danksy die ministerie van binnelandse sake se burgerlike registrasieveldtog. ‘n Geraamde 10 persent van Namibiërs is ongedokumenteerd wat toegang tot verskeie dienste, insluitend toelae, verhoed. Danksy samewerking tussen die ministerie, die Amerikaanse regering via USAID en sy implementeringsvennoot, Project HOPE Namibia, is talle Namibiërs, soos die Hafundas, nou in staat om geboortesertifikate en identiteitsdokumente vinnig en maklik by mobiele verwerkingspunte te bekom. Tiffany Miller, die Amerikaanse ambassade se woordvoerder sê sowat 700 dokumente is al uitgereik.