Kirstie Alley sterf op 71

Die aktrise Kirstie Alley is dood na ‘n kort stryd met kanker. Sy het behandeling ontvang by die Moffit-sentrum in Florida. Die 71-jarige was bekend vir haar rolle in Cheers en Look who’s talking. John Travolta, wat in 1989 saam met haar in “Look Who’s Talking” gespeel het, sê sy was een van die mees spesiale verhoudings wat hy nog ooit gehad het. Sy het in 2005 met Larry King gesels oor die einde van Cheers, wat gekom het toe die ikoniese Ted Danson, wat die kroegman was, gesê het hy wil uit die reeks uittree.