Veiligheidsminister kondig amnestiemaand aan

Die Namibiese veiligheidsminister, dr. Albert Kawana, het ‘n beroep op die publiek gedoen om alle onwettige en ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie in te handig, sonder om vervolg te word. Kawana het September as amnestie-maand vir die volgende twee jaar verklaar. Die woordvoerder van die ministerie, Margaret Kalo, verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus wat amnestiemaand behels.