Kenner sê boere moet Vierde Nywerheidsrewolusie gebruik vir voeldselproduksie

Suid-Afrikaanse boere sal moet seker maak hulle produseer die regte soort voedsel vir die aanvraag omdat voedselstelsels in die volgende dekade groot veranderinge sal ondergaan. Dit was die hooftema van landbou-ekonoom André Jooste se toespraak by die virtuele konferensie van die landbou-unie, TLU. Jooste sê Suid-Afrikaanse boere se mededingendheid sal afhang van hulle strategieë wat die aandrywers van die Vierde Nywerheidsrewolusie betref.