Eerste vrou staan aan stuur van Nampol se lugvleuel

Kommissaris Florentina Ndumbu is deur inspekteur-generaal Sebastian Ndeitunga as die nuwe bevelvoerder in die lugvleueldirektoraat van die Namibiese polisie aangewys. Sy is die eerste vrou in die geskiedenis van die Namibiese polisie wat dié pos beklee. Ndumbu vervang vandag vir kommissaris Flip Blaauw wat ná 41 jaar in die polisiediens aftree. Blaauw sê aan Kosmos 94.1 Nuus hy is baie trots op Ndumbu se vordering en wens haar geluk.