Veghonde: Probleem lê by eienaars nie honderas nie

Die Stad Kaapstad sê die onlangse toename in honde-aanvalle, maar ook die jongste aanval op drie Amerikaanse veghonde in Athlone, wek kommer. In die jongste voorval in die Vrystaat is ‘n driejarige die afgelope naweek deur een van die honde doodgebyt, terwyl ‘n sesjarige meisie van Atteridgeville, wes van Pretoria, vroeër vanjaar dood is na ‘n aanval deur ‘n Amerikaanse veghond. JP Smith van die Stad Kaapstad sê geen dier is van nature gevaarlik of gewelddadig nie; die werklike probleem is hoe honde deur hul eienaars grootgemaak en opgelei word: