Landbouwerkgewers-vereniging jaarkongres op 4 Junie

Die Jaarkongres van die Landbouwerkgewers-vereniging is ‘n groot geleentheid op die landbou kalender en vind plaas Dinsdag, 4 Junie 2024 by Arebbusch Lodge. Vanjaar se tema vir die kongres is “positiewe dinamika in boerdery”, met die fokus op die positiewe motivering van landbouwerkgewers. Registrasies is alreeds oop vir hierdie belangrike dag en as jy wil deel wees moet jou registrasie vorm die kantoor teen 24 Mei bereik. Danie van Vuuren, Hoofbeampte by die vereniging het die belangrikheid van die kongres beklemtoon.