Lutombi-salaris: Vir wat kla IPC, hulle is dan op die stadsraad…

Ná die Windhoekse stadsraad se goedkeuring van die aanstelling van die Paaie-owerheid se uitvoerende hoof, Conrad Lutombi, as die stad se nuwe hoof uitvoerende beampte, het plaaslike media berig oor hoeveel die nuwe uitvoerende hoof van die stad sal verdien. Dit is egter met kritiek deur sommige lede van die opposisie ontvang. Die nasionale voorsitter van die IPC, Brian Black, sê dit is absoluut belaglik as dit waar is. Hy sê hy weet van ten minste drie uiters bekwame besturende direkteure in die private sektor wat uitstekende dienste vir die helfte van hierdie pakket sal bied. Hy voeg by die stad is tegnies insolvent. Politieke kommentator, Dr. Ndumba Kamwanyah, sê aan Kosmos 94.1 Nuus die kritiek deur Black is ‘n ongevraagd. Hy verduidelik.