Marokko se donkies vereer

Hard aan die werk deur die jaar, het die donkies in die Marokkaanse dorpie Beni Ammar Zerhoun ‘n dag se bederf gekry terwyl die inwoners fees gevier het. Die dorpie se 13de donkiefees, bekend as Festibaz, het ‘n skoonheidskompetisie en ‘n wedren aangebied met sewe donkies wat ingeskryf is.  Die diere word voor ‘n komitee paradeer , pragtig versier en die donkies se gedrag teenoor die eienaars en ander word ook beoordeel. Die beloning vir die wendonkie is ‘n 50 kilogram sak gars. Donkies is  deel van die daaglikse lewe in hierdie dorpie, waar hulle noodsaaklik is vir vervoer in sy bergagtige terrein en om goedere te vervoer.