Sekerheidstoelae-uitbetalings en sensusgetalle stem nie ooreen

Arbeidskenner Herbert Jauch het kommer uitgespreek oor die afname in uitbetalingsbedrae en begunstigdes van maatskaplike sekerheidstoelaes. Hierdie is kommerwekkend as jy kyk na die jongste bevolkingsensus getalle en volgens Jauch is die uitbetalingsbedrae teenstrydig met die statistieke wat onlangs vrygestel is deur die Namibië Statistieke Agentskap. Jauch meen dit is ongewoon in ‘n steeds groeiende bevolking.