Oekraïne: 4 000 gemeenskapsentrums met krag, voedsel ens., daargestel

Meer as 40 persent van die Oekraïne se kraginfrastruktuur is verwoes deur Russiese lugaanvalle. Owerhede in daardie land het meer as 4 000 gemeenskapsentrums oopgemaak wat 24-uur elektrisiteit en kos sal hê, en ook basiese mediese dienste sal verskaf. Die winter het reeds op sy opwagting in die land gemaak en temperature kan daal tot ver onder 20 grade Celsius. Die Oekraïnse LP Kira Rudik het met Britse media gepraat.