Veepryse styg, maar nie genoeg vir hoë produksiekoste

Veepryse in Namibië het opwaarts geneig, maar nie genoeg om die stygings in produksiekoste teë te werk nie, volgens die Namibiese Landbou-unie. Deur die eerste kwartaal van 2021-pryse met dié van 2022 te vergelyk, het die totale geweegde beespryse met 10 persent op ‘n jaargrondslag verbeter. Dit is grootliks as gevolg van ’n styging in slagprys, wat met 21,7 persent verbeter het. Die veevoermark is onder druk as gevolg van die hoë pryse van grondstowwe soos geel mielies en sojabone wat ook toegeneem het, en dus speenkalfpryse negatief beïnvloed het. Skaappryse het van die eerste kwartaal van 2021 tot dié van 2022 met meer as 5,8 persent gestyg. Landbou-kenner, Wallie Roux, gee sy mening aan Kosmos 94.1 Nuus.