Ramaphosa en Putin bespreek voedselsekerheid in Afrika

Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa het die kwessie oor voedselsekerheid in Afrika met die Russiese President, Vladimir Putin, bespreek. Daar is berig die telefoniese gesprek tussen die twee leiers het gefokus op die verskaffing van landbouprodukte en kunsmis aan Afrika, nadat Rusland se inval in Oekraïne wêreldwyd die markte ontwrig het. Die President se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê die gesprek tussen die twee leiers het oor die komende BRICS-beraad gegaan.