Meeste buitelandse toeriste kom via HKIA

Tydens die tydperk van Januarie tot Maart 2022, het 61,3 persent buitelandse toeriste via die Hosea Kutako Internasionale Lughawe die land ingekom, gevolg deur 12,5 persent by die Noordoewer-grenspos, 9,3 persent by die Ariamsvlei-grenspos en 6,8 persent by die Walvisbaai-lughawe. Volgens ‘n verslag van die toerisme-ministerie oor toeriste-aankomste het 53,1 persent van die toeriste van die Europese lande gekom, gevolg deur SAOG-lande wat 40,4 persent van die totale toeriste bygedra het.