Vandag is Internasionale Dag van Gebaretale

Vandag is Internasionale Dag van Gebaretale, onder die tema “Ons vertaal in gebaretaal vir menseregte”. Volgens die Wêreldfederasie vir Dowes is daar wêreldwyd meer as 70 miljoen dowe mense. Meer as 80 persent van hulle woon in ontwikkelende lande. Gesamentlik gebruik hulle meer as 300 verskillende gebaretale. Die Verenigde Nasies sê die Internasionale Dag van Gebaretale is ‘n unieke geleentheid om die taal-identiteit en kulturele diversiteit van alle dowe mense en ander gebaretaalgebruikers te ondersteun en te beskerm.