Hittegolwe hou groot bedreiging vir stedelinge in

Die Instituut vir Sekerheidstudies sê hittegolwe hou ‘n groot bedreiging in vir mense in stede. Senior navorser Alize le Roux sê baie lewens in Suid-Afrika is in gevaar indien beplanning en optrede nie betyds gedoen word nie. Boumateriaal wat in stede gebruik word, absorbeer en vang hitte vas. Le Roux sê elf plaaslike sterftes is amptelik toegeskryf aan erge hitte. Maar die ISS beskou dit as onakkuraat en sê bykans 30 000 sterftes in die land kan direk toegeskryf word aan verhoogde temperature tussen 1997 en 2013.