Angela Merkel maak gereed om leisels oor te gee

Die vrou wat eens as die leier van die vrye wêreld beskryf is, die Duitse kanselier Angela Merkel, maak gereed om die mag ná ‘n geskiedkundige 16 jaar oor te dra. Die 67-jarige Merkel is ook die ewige kanselier genoem omdat sy die pos so lank beklee het. Waarnemers sê haar gewildheid is so veerkragtig dat sy heel moontlik ‘n vyfde termyn sou kon aanbly as sy wou. Merkel is egter die eerste Duitse kanselier wat uit eie keuse die mag oorhandig.