Vandag is 21ste herdenking van 9/11

Amerikaanse President Joe Biden sal vandag die 21ste herdenking van die 9/11-aanvalle herkenk deur ‘n krans by die Pentagon te lê. Vandag herdenk die 2001-terreuraanvalle toe kapers beheer oorgeneem het van kommersiële vliegtuie en in New York se World Trade Center en die Pentagon vasgevlieg en in ‘n Pennsylvania-veld neergestort het. Byna 3 000 mense is dood in die aanvalle deur Al-Kaïda. Die VSA en sy bondgenote het gereageer deur die oorlog in Afghanistan te loods. Adjunk-president Kamala Harris en haar man sal na New York gaan vir ‘n herdenking-seremonie by die Nasionale 11 September-gedenkteken. In New York is die kleinste van twee museums wat toegewy is aan die behoud van die herdenking aan die aanvalle gesluit.