Krieket: 17 paaltjies val op derde dag van derde toets op Lords

Krieket: Engeland het aan die begin van die vierde dag van die verkorte derde toets teen Suid-Afrika ‘n voorsprong van 36 lopies. Sewentien paaltjies het Saterdag geval. Na die Proteas slegs 118 in hulle eerste beurt kon aanteken, het hulle snelboulers teruggeveg, wat Engeland op 154 vir sewe laat eindig het. Marco Jansen het vier paaltjies vir 34 lopies ingepalm. Jansen het in Suid-Afrika se kolfbeurt ook die hoogste telling van 30 aangeteken. Ollie Pope vir Engeland het die beste met die kolf gevaar en 67 aangeteken voordat hy van die boulwerk van Kagiso Rabada af uitgevang is.