Hofbeslissing in openbare beskermer se guns beskryf as wekroep vir Ramaphosa

Die leier van die groep Forum 4 Service Delivery, Mbahare Kekana, sê die hooggeregshof in die Wes-Kaap se beslissing oor die skorsing van die openbare beskermer, Busisiwe Mkhwebane, moet dien as ‘n wekroep vir President Cyril Ramaphosa om op te hou om sy mag te misbruik. Die hof het Vrydag Ramaphosa se skorsing van Mkhwebane ongeldig verklaar. Kekana sê Mkhwebane het bloot haar werk gedoen en sy moet daarna uitsien om steeds Suid-Afrikaners te dien.