Afrika gaan swaarder kry as gevolg van Oos-Europa se oorlog

Die Internasionale Monetêre Fonds sê Rusland se inval in Oekraïne beïnvloed rééds die ekonomiese vooruitsig in Afrika suid van die Sahara. Die groeikoers van die streek het reeds vanjaar verswak met ekonomiese aktiwiteite wat na verwagting tot 3,8 persent sal uitbrei. Die woordvoerder van die IMF, Abebe Aemro Selassie, sê die opvallendste is die stygende olie- en voedselpryse wat druk plaas op die buitelandse en fiskale balans van lande wat basisprodukte invoer, en wat reeds kommer wek oor voedselvoorsiening in die streek: