Valke werk saam met SAPD oor Phala Phala

Die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat in die buurland sê hy sal die optrede van polisiebeamptes in die Phala Phala-plaasdiefstalsaak ondersoek, terwyl die Valke ondersoek sal instel na aansprake van regsverydeling en ontvoering. Die saak het te doen met aantygings deur die voormalige spioenbaas Arthur Fraser oor wat hy beskryf as die diefstal van miljoene Amerikaanse dollar op President Cyril Ramaphosa se plaas in die Waterberg in Limpopo in 2020. Fraser beskuldig Ramaphosa van die verdoeseling van die misdaad en sê die polisie het onwettig opgetree om die verdagtes op te spoor en die kontant te herwin. President Hage Geingob is ook by die saak betrek.