Geingob herdenk sy 81ste vandag

Namibiese President Hage Geingob word vandag 81 jaar oud. Geingob dien sedert 21 Maart 2015 as die derde President van Namibië. Hy was die eerste premier van Namibië van 1990 tot 2002 en het weer in die amp gedien vanaf 2012 tot 2015. In November 2014 is Geingob met ‘n oorweldigende meerderheid tot President van Namibië verkies. Nahas Angula, die voormalige eerste minister, wens Geingob ‘n gelukkige verjaardag toe.