Valke ondersoek ‘n bedrogsaak van R15 miljoen in Vrystaat

Die Valke in die Vrystaat ondersoek ‘n bedrogsaak van 15 miljoen Suid-Afrikaanse rand met ‘n beleggingskema. Volgens die Valke se streekswoordvoerder, Christopher Singo, het omtrent 500 slagoffers sake aanhangig gemaak nadat hulle geld verloor het wat belê is in ‘n skema bestuur deur die maatskappy Integrated Investment Inn in Ladybrand. Die beleggers is ‘n rente-opbrengs van tien-persent beloof. Singo sê ondersoeke het onthul die maatskappy het slagoffers van 2018 tot verlede jaar bedrieg. Hy sê die ondersoek sluit in die soektog na Moeketsi Ntshasa vir ondervraging.