Nuwe mosie van wantroue op pad vir Britse premier

‘n Nuwe mosie van wantroue in die Britse eerste minister, Boris Johnson, is glo op pad nadat twee van sy sleutel-ministers bedank het. Kanselier Rishi Sunak en die minister van Gesondheid, Sajid Javid, sê hulle het vertroue in Johnson verloor. Dit volg na onthullings oor partytjies by Downingstraat 10, ondanks inperkingsregulasies, asook die aanstelling in sy regering van ‘n parlementslid wat van seksuele wangedrag aangekla is. Altesaam 27 lede van die regering het reeds bedank, terwyl nog ‘n minister, Michael Gove, volgens berigte vandag vir Johnson gevra het om te bedank.