Vaardighede om groenwaterstofprogram te ontwikkel onder die loep

Die Namibië Groenwaterstofprogram, in samewerking met sleutelbelanghebbendes, is besig om ‘n omvattende strategie vir die ontwikkeling van vaardighede te bou. Hierdie strategie het ten doel om binnelandse talent te ontgin en geskoolde professionele persone te lok deur aantreklike immigrasiebeleide. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met James Mnyupe, die Groen Waterstofkommissaris, wat meer lig werp op die strategieë.