Khomas-grondtekorte is ‘doring in my vlees’

Die landbouministerie het in Khomas nog net 14 plase sedert onafhanklikheid bekom vir grondloses in die streek. Volgens die goewerneur van die Khomas-streek, Laura McLeod-Katjirua, moet vyf plase jaarliks aangeskaf word om te voldoen aan die vraag na grond. Sy sê die streek het 50 plase nodig en dit grief haar dat sy nie antwoorde vir streeksbewoners het nie.