Vaalgras ‘olie’ word nog ontleed

Die Namibiese ministerie van myne en energie sê hy toets steeds die swart vloeistof wat oor die naweek van die 11de Desember by Vaalgras gevind is toe daar vir water geboor is. Die ministerie het daardie week ‘n span uitgestuur wat monsters bymekaar gemaak het. Die ministerie se woordvoerder Andreas Simon sê dat uitslae van die laboratorium nie beduidend is nie en dus, word verdere analises gedoen.