Hongkong se ivoorverbod is uitstekend

Reaksie word ontvang op die verbod op die verkoop van ivoorprodukte in Hongkong. Oortreders kan ‘n maksimum boete van 20-miljoen Namibiese dollar en tien jaar gevangenisstraf in die gesig staar. Romeo Muyunda die Namibiese ministerie van omgewingsake se woordvoerder sê ‘n strategie moet ook ontwikkel word om die swartmark te beheer.