Veeboere in SA moet voorsorg tref vir siektes

Onlangse reënval en die somerweer in die buurland kan lei tot ‘n uitbreek van dieresiektes, en veeartse waarsku Slenkdalkoors kan uitbreek. Die Herkouer Veterinêre Vereniging van Suid-Afrika waarsku boere moet hul diere fyn dophou, aangesien vroeë bespeuring ‘n uitbraak van siektes en groot verliese aan vee kan voorkom. Volgens onlangse siekteverslae is verskeie interne en eksterne parasiete in die Oos-Kaap bespeur. Siektes wat deur bosluise oorgedra word, soos Rooiwater, is reeds aangemeld.