Uranium One optimisties oor Leonardville projek

Die Russiese mynmaatskappy Uranium One is optimisties oor sy uraan-ontginningsprojek in die Leonardville-gebied in Namibië. Dit vorder ondanks sterk teenstand van omgewingsgroepe en boere in die omgewing. Die maatskappy, wat tans in die eksplorasie-stadium is, beplan om in-situ herstel-myntegnieke te gebruik. Uranium One se direkteur van operasies, Aldo Hengari, sê 50-persent van die eksplorasiewek is afgehandel en aansoeke vir ontginningsboorgate is ingedien.