Uraan: die boere kort net die regte inligting, sê Russe

Die Leonardville-boerevereniging ontmoet volgende week met die konsultante wat die omgewingsimpakstudie gedoen het vir Headspring Investments om uraan in die gebied te ontgin. Die maatskappy vorm deel van die Russiese maatskappy Uranium One, wat op sy beurt deel is van die Russiese staatsbeheerde energie reus Rosatom. Boere in die omgewing, asook van Dordabis, Blumfelde, Nina en Tsumis word uitgenooi na die vergadering om hul menings te lig, veral oor die veiligheid van ondergrondse waterbronne. Svetlana Bauer, die plaaslike verteenwoordiger van Headspring is van mening dat die boere kommer het omdat hulle nie al die feite het nie.