Ovaherero-owerheid gesels oor volksmoord uitdagings

Met die voortdurende konflik oor die kwessie van die volksmoord en die ooreenkoms tussen Namibië en Duitsland, is die afstammelinge van die slagoffers nie gelukkig nie. Daar word ook gekyk na die kwessie van minderhede, wat ook ‘n kwessie tydens die volksmoord was. Nou voel die afstammelinge ook in die minderheid tydens die groot besluitnemingsprosesse. Professor Mutjinde Katjiua van die Ovaherero Tradisionele Owerheid, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê as na die kwessie van voorvaderlike grond gekyk word, kan hulle nie veel doen nie, want Swapo, wat die regerende party is het die meerderheid en neem die besluite.