Universiteit Stellenbosch doen studie oor lang-Covid

‘n Nuwe studie aan die Universiteit Stellenbosch het bevind dat mense met lang-Covid hoë vlakke van inflammatoriese mikro-deeltjies in hul bloedstrome het. Volgens navorsers, blyk dit dat dié mikro-molekules verantwoordelik is vir die langdurige simptome van lang-Covid wat pasiënte ervaar. Ons korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt, vertel meer.