Tientalle groen waterslange in KwaZulu-Natal gered

‘n Omgewingsbewaarder van KwaZulu-Natal het tientalle groen waterslange gered uit ‘n huiseienaar se swembad aan die Noordkus. Nick Evans sê die slange was bo en onder die rooster van ‘n dreineringstelsel aan die kant van die swembad. ‘n Hoogs dragtige slang is ook gered. Evans sê die groen waterslange, wat nie giftig is nie, lyk soos groen mambas. Altesaam 10 mannetjies en twee wyfies is gered.