Unisa-studente rig versoekskrifte oor toelatingsvereistes

Unisa-studente het met versoekskrifte teen die universiteit begin oor die opgelegde toelatingsvereistes vir sy Graad R-onderwysdiploma, wat ‘n bewys van indiensneming vereis. Volgens die voorsitter van die Studenteraad, Inganathi Ketwa, word studente wat versuim om dit te doen ge-deregistreer.