SA Toerisme-sakeraad sê opheffing van ramptoestand sal sektor hupstoot gee

Die Toerisme-sakeraad van Suid-Afrika sê die opheffing van die nasionale ramptoestand sal die Suid-Afrikaanse toerisme-sektor ‘n hupstoot gee. Uitvoerende hoof Tshifhiwa Tshivhenga sê die raad sal die voorgestelde gesondheidsregulasies bestudeer, om betyds voor te berei vir kwessies wat strategiese beplanning mag verg voor inwerkingstelling. Tshivhenga moedig toeriste aan om in te ent en die Covid-regulasies na te kom.