Meer as 60 skole in Noordwes is in ‘n vervalle toestand

Die swak toestand van Noordwes se skole is weer in die spervuur. Daar is meer as 60 skole in die provinsie wat in ‘n vervalle toestand is. Die Nasionale Vereniging van Skoolbeheerliggame het ‘n infrastruktuur-agterstand opgemerk, wat ‘n ernstige uitwerking op die leeromgewing in sommige skole het. Tladi Sedikane van die vereniging sê die situasie is ontmoedigend.