Brasiliaanse man op lughawe met 98 sakkies kokaïen vasgetrek

‘n Brasiliaanse man is op die Internasionale Lughawe Hosea Kutako met 98 sakkies kokaïen ter waarde van 343 000 Namibiese dollar in hegtenis geneem. Die 40-jarige man was volgens die Namibiese polisie ook in besit van 500 Amerikaanse dollar, 800 Suid-Afrikaanse rand en 170 Brasiliaanse reals. Hy word by die Seeis-polisiekantoor by die lughawe aangehou en die ondersoek duur voort.