Uitdagings van mynbousektor by virtuele konferensie bespreek

Met die Kamer van Mynwese van Namibië se 2021 virtuele mynboukonferensie wat Woensdag afskop, het die uitvoerende hoof van die kamer, Veston Malango, met Kosmos 94.1 Nuus die uitdagings van die mynboubedryf gedeel. Alhoewel die Mynbou-ekspo met die virtuele konferensie vervang is, het hy gesê die uitdagings sal hiertydens bespreek word.