Rusland wil Afghanistan help met sy ekonomie

Rusland se ambassade in Afghanistan gaan ekstra vlugte na Kabull reël om mense na veiligheid te bring. Die Russiese weermag het ook meer militêre oefeninge naby aan die grens met Afghanistan gehou weens die toenemende spanning in die streek. Dis egter nog onduidelik of hierdie vlugte ná Dinsdag sal plaasvind. Dinsdag is die sperdatum vir buitelandse soldate om hulle uit Afghanistan te onttrek. Rusland se ambassade in Kabul het oopgebly nadat die Taliban op 15 Augustus weer beheer van die land oorgeneem het. Zamir Kaboelof, Rusland se spesiale verteenwoordiger in Afghanistan, het gesê Rusland wil ’n goeie verhouding met die nuwe leier van die Taliban opbou en dat hy ook Afghanistan se ekonomie wil help verbeter.