Reuse-agterstand in DNS-toetse in Gauteng

Die Demokratiese Alliansie in Gauteng sê geregtigheid vir duisende slagoffers van gewelddadige misdaad word vertraag weens ‘n toenemende agterstand in DNS-toetsing. Dit is onthul in ‘n mondelinge antwoord van die LUR vir Gemeenskapsveiligheid, Faith Mazibuko, op ‘n vraag van die DA in die provinsiale wetgewer. Die party se woordvoerder, Michael Shackleton, sê volgens Mazibuko het die agterstand toegeneem van 20 132 toetse in 2019-20 tot 46 595 in die 2020-21-boekjaar.