Ugandese afrigter in Japan het Delta-variant gehad

Internasionale nuusagentskappe berig dat die lid van die Ugandese Olimpiese span wat positief vir Covid in Tokio getoets het, met die Delta-variant besmet was. Die afrigter het Saterdag in die land aangekom en een van die spanlede het Woensdag ook positief vir die virus getoets. Japanese owerhede sê analises word nog op die tweede toets gedoen om te bevestig watter variant die atleet onderlede het. Die Spele skop oor minder as ‘n maand af.